Voorspoed en seeninge vir 2021, mag ons terugkyk op 2020 en besef dat dit nie saak wat ons het nie, maar dat ons waardeer wat ons het.

Ons bid saam vir elke familie wat geliefdes verloor het aan Covid 19 of ander oorsake wat net weer bevestig hoe belangrik dit is om te waardeer wat ons het, waardeer die tyd saam geliefdes en streef om soveel tyd saam te spandeer as moontlik. Dit is kosbaar en dink diep oor dinge wat die tyd saam geliefdes steel.

Ons is terug op Vlak 3 inperking en ons sit met groot afwagting en wag om te kyk of die tweede golf infeksies vinnig onder beheer gebring gaan word sodat ons weer kan speel.

Die Covid 19 het soveel impak op mense en veral ons jonger spelers gehad in 2020, ons was bevoorreg dat die Juniors (Kalfies) Saterdae oggende weer kon speel, ons het 2 x onder 11 en 1 x O13 spanne gehad wat teen Home Spun gespeel het.

Ons Versies dames span het hulle sover goed van hulle taak gekwyt en alles gewen terwyl ons Dames net 1 wedstryd verloor het teen Varsity College 3-6.

Die jong nuwe mans span het gemengde sukses gehad sover maar met die tonne talent is dit net ‘n kwessie van tyd voor hulle gaan begin om teen die ou manne te presteer!

Die klub se ondersteuners was soos altyd fantasties en ons is dankbaar om vir sulke puik ondersteuners!

Die laaste wedstryde vd sesoen was twee vriendskaplike wedstryde gewees teen Apachees en ViQueens, die spanne het dit vreeslik geniet en die jaar behoorlik afgesluit met ‘n kuier by Jan & Angie se huis waar daar lekker gedans is en groot sagtebal stories uitgeruil is.

Net vir die rekord, die “ouer” gardes het die jonges onder die tafel in gedans!

Dankie vir almal se positiewe gesindheid in 2020 en ek weet ons gaan 2021 saam geniet !

Voorspoed en Seeninge vir elke Bulls speler en ondersteuner!