Friendly v Homespun – Kalfies

Ons Kalfies O/11 & O13 het vandag gespeel teen Homespun.

O/11 Wedstryd:

Pitchers Micke oba “Alfabet”, Mila en Kiani oba Beast het baie goed gepitch en gevang vandag, dit was duidelik dat die span hard geoefen het die week, die veldwerk was puik asook die baserunning.

Megan het Beast afgelos an soos altyd baie goed gevang, Beast het ‘n hele paar tag outs gehad op tuisplaat.

Mari het ‘n monster homerun geslaan na regs buiteveld en in die proses ‘n hele paar lopies ingebring.

Tanika en Nina het vir die eerste keer 3de sak en 1ste sak gespeel, en baie goed gedoen,

Nadine oba “Spongebob” het haar bunting skills ten toon gestel en ook goed gehardloop om verskeie lopies te maak.

Meagan het weer gewys dat sy ‘n monster arm het en ook nie bang is om te bat nie, goed gedoen op shortstop.

Ben-David ons Leftie het sy eerste wedstryd gespeel, dis duidelik dat hy van krieket ook hou. Interessant is hy gooi links maar kolf regs.

Amy het goed gedoen in die buiteveld, dink dit was ook haar 1ste keer,

Almal het goed gebat en gewys dat die spannetjie goed saam speel.

O/13 Wedstryd

Om die wedstryd meer gelyk te maak is daar besluit om die pitchers vd 2 spanne om te ruil, dit was snaaks om te sien hoe Elrie teen ons Pitch. Elrie soos altyd, yster!

Carina het baie goed gevang en ‘n hele paar tagouts gehad, asook ‘n goeie deel in ‘n uit op 3d sak.

Yaron en sy catcher het vir die Bulls gepitch en dit was duidelik hoekom hy gekies was vir die White Sox verlede jaar.

Alfred het baie goed gedoen op 1ste sak, Marcus op 2de, Mari op 3de. Mila het ook uitgehelp en Regs buite en 1ste sak gespeel.

AJ ons eie baseball fanatic het ‘n hele paar goeie vangskote gehad asook batting en fielding. ‘n Baie goeie shortstop!

Carl se 1ste wedstryd het goed gegaan en hy het agtergekom dat sagtebal nie so sag is toe hy op die been gegooi is. Welkom by die Blue 42 klub!

Marcus het ook gepitch en Beast het vir hom gevang, daar is baie energie in die klein pakkie.

Die play vd dag was toe catcher na 3 speel met runner op 2de sak op pad na 3, toe hy omdraai gooi Mari direk na Marcus wat mooi kom cover het en toe die tag maak voor runner terug is op 2, dit was ook die finale uit gewees. Well done julle!

Dankie aan Homespun vir ‘n lekker wedstryd, dis ook goed om te sien dat die spelers wat privaat lesse kry op Woensdae so goed doen, die ekstra harde werk werp vrugte af !

Dankie ook aan al die support staff en mede coach vir al die hardewerk, en al die ondersteuners agter die draad 😉

Go Bulls, gee dit horings!